Afriforum Nuusnetwerk


AfriForum loods op 1 Augustus 2013 ons Nuusnetwerk kompetisie vir alle belangstellendes.  Amateurs speel ʼn al groter rol in die media en ons wil graag ons lede en ondersteuners in staat stel om ook nuus uit julle omgewings wyer bekend te maak.  Om die rede wil ons ʼn netwerk mense deur die land skep wat met berigte, foto’s en later ook video’s nuus letterlik wêreldwyd kan versprei.

Die samewerking van julle op takvlak is van die grootste belang.  Julle weet wie die mense in julle omgewing is met talent – moedig hulle asseblief aan om maandeliks deel te neem en ook om gereeld nuus van julle omgewing in te samel.  Dit kan groot waarde toevoeg tot die aksies van julle takke, byvoorbeeld om mediaverklarings groter trefkrag te gee, of as deel van hofstukke.

 

Ons wil graag met die kompetisie aan die een kant ons lede die kans gee om ook hulle talente te ontwikkel en mekaar beter te leer ken, maar aan die ander kant die media-inslag van ons aksies verhoog.

 

Ons sal maandeliks ʼn wenfoto en –berig aanwys en elk sal ʼn prys van R500 ontvang.  Wenners sal deur middel van ons mediakanale bekendgemaak word en so wye blootstelling geniet.

 

Jaarliks sal ons ʼn algehele wenner uit die maandwenners aanwys wat groter pryse sal ontvang tydens die takkonferensie – dit sal werklik ʼn prestige geleentheid wees.

 

Omdat ons besef streekskoerante se joernaliste en fotograwe mag moontlik ook wil deelneem, nooi ons hulle graag uit – dra asseblief die boodskap oor aan die joernaliste en fotograwe in julle omgewing.  Ter wille van regverdigheid teenoor amateurs, skep ons ʼn afsonderlike kategorie vir hierdie professionele joernaliste en fotograwe.

 

Vir mense wat graag hulle vaardighede as berigskrywers of fotograwe wil opskerp, gaan ons gereelde slypskole aanbied.  Ons sal julle ingelig hou hieroor.

 

Navrae is welkom.  Stuur dit gerus aan Sue-Ann de Wet, die koördineerder van die kompetisie, by nuusnetwerk@afriforum.co.za.  Ons sien daarna uit om lekker saam te werk!

 

Met waardering en groete

 

Sue-Ann de Wet

namens Nuusnetwerk

Tel: 086-10-200-30

Faks: 012-6641281

nuusnetwerk@afriforum.co.za


Recent Articles

  1. Crime Urgent News

    Aug 17, 14 05:35 AM

    Crime Urgent News Pleases look out for this: Crime labels according to police:labels according to police: indication DRUGS "(update)"

    Read More

  2. News Break

    Jul 23, 14 07:04 AM

    News Break gives you chunks of mostly S A News articles.

    Read More

  3. Boy kidnapped, dad injured in hijacking

    Jul 21, 14 12:46 PM

    Johannesburg - A five-year-old boy has been kidnapped during a hijacking in Bronkhorstspruit, east of Pretoria, Beeld reported on Saturday. The incident

    Read More


Etolls

Augustus Wenners HIER